1139) nooit meer gekla
sy is pas getroud
hy eet vroeg en "gaan slaap"
hy het nie skottelgoed gewas
of die huis uitgeveë nie
sy het trane en trane gehuil
is dit wat die lewe is
getroud, drome van knus huisie
saam warm slaap
sy rugstreel het haar irriteer
sy onthou nog
hardegat het sy omgedraai
die buurmeisie was vriendelik
sy het hulle hoor lag in die tuin
sy het nooit weer
haar rug gedraai nie
van toe af het sy en haar man
elke nag gegiggel
en warmlyf geslaap
daarna het hy nie meer giggel
in sy lyf oorgehad
sy glimlag en snoesel
Leave a Reply
Be the First to Comment!