1145) extacy gebruik
die ou bul staan onvas op sy voete
deur ’n rooi waas sien hy die matador
die tradisie van
die laaste dag
leef voort
die ou bul weet
die ou matador weet
dit is die laaste geveg
die ou bul is moeg
die spiese hang aan sy skof
sy bloed stroom
die gryse matador
buig vir die skare
en glimlag
el trapdor el trapdor
skree hulle
en sluk die tequilas
die ou bul weet en glimlag
hy is die donner in
hy word afgeskeep
omdat hy nie sjarmant kan wees
hy het driehoeksmeting
op skool gehad en werk ’n plan
toe hy storm
swaai die el trapdor
die rooi doek
hy kon die bul nie bullshit nie
wankelend stap die ou bul nader
el trapdor is deurmekaar
hy plant sy swaard weer ’n keer
en buig vir die skare
dit was ’n fout gewees
die ou bul se horing
vang el trapdoor tussen die bene
en flip hom
met sy laaste krag
deurboor el trapdor
die ou bul
die ou bul glimlag net
hy het vanoggend
7 extacy pille gedrink
hy weet extacy
takes you to heavan
Leave a Reply
Be the First to Comment!