1146) ho ho ho
die ou met die wit baard
skree ho! ho! ho!
hy sweet in sy rooi pak
en moet vrolik klink
waar kom hy vandaan
ons sien hom elke jaar
hy laat kinder gesiggies blink
boksies vol geskenke deel hy uit
maar daar binne is niks
hy laat die kinders lag
en die ouers dink
die budget word gestress
beertjies en spidermans
warm nie die hart nie
maar vroegmore is ons geskenk
die Christus kind
Jesus is vir ons gebore
as ons weet
as ons glo
sal die ho! ho! ho!
vir ons niks beteken nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!