1149) wydsbeen model

1149) wydsbeen model

jy pryk op die voorblaaie
jou groen oë
kyk reguit

jy is die hottest property
verdien meer as bush

waarom dan
‘n langbeen vrou soos jy

ek was eens ‘n 16 jarige onskuld
het die plank geloop
regop soos ‘n paal

toe vra hy my
om op my rug te pose
‘n meisie loop nie wydsbeen nie,
het my ma gesê
ek sê toe vir hom

hy was baie kwaad
toe laat hy my
by die deur uitloop

dit is nou 15 jaar al
dat die base wou hê
ek moet ‘n wydsbeen
model wees

ek verdien nou
geweldig baie
omdat almal wil hê
hy moet die een wees
vir wie ek
wydsbeen moet loop

maar
my ma het gesê …

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz