1207) toeris
ons reis grootoog
en bekyk die wonders
van hierdie wêreld
ons drink duitse bier
franse sjampanje
vry bleek engelse meisies
besoek caeser se paleis
maar wanneer ons
by die huilmuur bid
besef ons,
ons hoef nie verder
te toer nie
die geeslied klink op
by die kruis
by die kruis
wil ek bly
tot die stryd
hier benee
is volstry
Leave a Reply
Be the First to Comment!