1205) praat

1205) praat

ons praat, ons praat
elkeen volgens die
bek wat hy gekry het

party fluister en loer rond
ander rumoer veral as
hulle dronk is
sy skreeu
as sy kwaad is
sy prewel
in my oor as sy
aandag soek

hy mompel as hy
uitgekak word
hy praat twak as hy
niks te doen het nie
as hy dronk is praat
hy sleeptong

as hy bang is
hakkel hy
as sy gelukkig is kraai
sy dit uit
by die tee partytjie
kekkel hulle

maar wat my moerig maak
is dat ek op die paartie
gedwing word om na my baas

die praat-graag, resitasie praat,
luidrugtig praat
vloekpraatswetsvloekstrontpraatkakpraat

se stem moet luister

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz