1232) lewensvreugde – wat is dit ?

1232) lewensvreugde – wat is dit ?

ons wonder ons dink
as jy baie geld het
is jy bly, is jy gelukkig

‘n goeie bord kos
is deel van lewensgenieting
‘n koue bier word geniet

maar jy mens alleen
staan daar op die parkeerplek
waar jou motor moes gewees het
verlore, oorbluf

maar ek het raad vir jou
daar waar jy meer vreugde
kan vind

vat die boek van die lewe
met warm melk vir ontbyt

jy het so pas begin
om die lewensvreugde
pad te loop

in my kruisboek
is daar ‘n saaier
wat geluk saai
van hierdie kosbare korrels
val op my stukkie grond

ek hol my gat af
elke dag met die gieter
om hierdie kosbare korrels
water te gee

ek weet hulle gaan groei
tot groot bome
wat my sal beskerm teen
die fel son van die dag

hulle sal groei tot kosbare
vriende en vriendinne

hulle sal groei tot
Jesus kinders wat ek sal grootmaak
tot volwassenis

daar is soveel kosbare korrels
wat sal groei tot lewensvreugde
ek moet net aanhou
water gee

in my kruisboek is daar 1376 bladsye

ek kan elke dag
woord vir woord eet
ek gaan 10 000 jaar lewe

ek kan sin vir sin eet
ek kan 5 000 jaar lewe

ek kan bladsy vir bladsy eet
ek kan 1376 jaar lewe

God bepaal ons jare
God bepaal ons lewensvreugde

ons moet net die paaiemente betaal

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz