1231) gister was jy
gister het ek jou ontmoet
jy was vaalhaar
liploos gewees
maar jou oog het gevonkel
jy het ook die vonkel
in my oog gesien
jou vrou parfuum
was in my neus
vanaand klop ek aan jou deur
donker pak geruite hemp
op my beste
jy maak oop
met jou london kapsel
jou glinter rooilip
met ‘n moerse vonkel
in jou oog vir my
vir my
is jy genoeg
Leave a Reply
Be the First to Comment!