1230) wat is ‘n vriendin
die een wat jou laat lag
die een wat baie praat
en jy luister
die een wat parfuum
aansit vir jou
wat ook sagoog waardeer
na jou kan kyk
wat jou trane sal afvee
en saam met jou sal huil
as jou hart breek
wat skalks saam met
jou kan lag
en grappe vertel
wat menswees kan deel
maar tog ‘n streep trek want
mans trap so gou oor die tou
en breek ‘n vriendskap
my vriendin
jy is te kosbaar
Leave a Reply
Be the First to Comment!