1330) Te veel gesien
toe die son sak
soepel die lywe
teen die geel halfson
toe die aarde die son sluk
storm die lang vlieswolkies
om die wond te bedek
later kom loer die maan
grootoog oranje
oor die horison
sy sien en word skaam
skrefiesoog
gly sy op haar baan
en plons verlig
in die koel waters in
Leave a Reply
Be the First to Comment!