1327) Daar lê seker nog
vêr bo skyn die laatmiddag son
die donker donderwolke dreig
om die son te verswelg
ek voel die laatson strale
spoel oor my wange
my seer trane droog op
toe eers sien ek die goue rand
om die donker wolk
maar dit lê eers in volgende jaar
ek kyk af na die blou swart pistool
wat langs my op die sitplek lê
ek sê vir myself
kom ons kyk eers
wat die nuwe jaar bring
Leave a Reply
Be the First to Comment!