1346) Koepon

1346) Koepon

by die ingang kry ek ’n boekie
met 20 koepons

gratis wen gratis wen …
ek kan rande kry

ek moet meer gee
om minder te kry

die eerste koepon sê
spin and win!
ek sluk 3 vodka spins

koepon 2 sê
summer holiday
cash shower

ek los dit ek wil nie
rondkruip agter R2
stukke nie

koepon 3 sê
gratis komplimentere drankie
maar dan moet jy eers 4 drink

ek het 2 verniet gekry

koepon 3 sê
50% afslag op jou kis

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz