1358) Ek stap agter jou aan
sy stap by die salon uit
van agter sien ek
die funky haarstyl
die seksie lyf
ek ruik die parfuum
my gunsteling
ek volstruisloop agter haar aan
om die prentjie te voltooi
sy staan
voor die juwelierswinkel
en kyk om
dis my vrou
ek is bly
jy het my verjaarsdag onthou
hoe het jy geweet
ek wil ’n diamant hê
Leave a Reply
Be the First to Comment!