1355) Hart salf
dit is nie lekker
by die hartseer apteek nie
die tou is baie lank
die mense het seer
die ouerige omie
vra vir hartkramp druppels
die vrou met die baba
vra geselskap druppels
die jong meisie vra
druppels vir rooi oë
die jong man vra denexan
vir sy seer tong
dit is al deurgelek
maar sy meisie
wil hom nie terugvat nie
die meisie voor my
vra hartsalf
haar hart bly seer
ek vra toe
wat het julle
vir ’n verkalkte hart
Leave a Reply
Be the First to Comment!