1376) Die nuwe jaar
ek het so pas die land omgeploeg
die ou mielie reste
van verledejaar ingeploeg
in die rooigrond vrystaat land
die sprinkaanvoëls hou paartie
en vreet al wat insek is
die saad gesaai sal eers
in die nuwe jaar
lowergroen trots die oes lewer
hierdie jaar
gaan nie
’n misoes wees nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!