1374) Ek wil my toffie inruil
grootoog staan jy voor my
haar halfgekoude toffie
in haar uitgestrekte hand
dit is nie lekker sê sy
ek gee haar my halfgekoude
en kou hare voort
dit is die band wat
ons vanaf 6 jaar oud
gesmee het
ons het broodjies gedeel
saam gehuil saam gelag
sy was baie mooi gewees
die bye het
om haar gezoem
maar haar lag
en oogkyk was myne
die wolwe het om haar gedraai
maar haar smeltlyf en hart
was myne gewees
toe kom die slange
en verlam haar
ek het haar sien verlep
my hart was geskeur
my wêreld
’n vulkaan van haat
Leave a Reply
Be the First to Comment!