1401) Ek gaan hard jol vanaand
sê sy uitdagend
en trek ’n laehals
wys toppie aan
ook ’n wys figuur
want ek kan jean aan
killer parfuum en
glinster gloss lipstiffie
sy is op ’n missie vanaand
ek gaan ’n jol girl wees
sê sy vir haar vriendin
en flip die kondoom in die lug
laat aand ontnugter
en nog half getrek
kom hulle by die huis
die ouens
het opgezip
en gesê
dit was
baie nice girls
Leave a Reply
Be the First to Comment!