1472) Ek het op jou werf kom kuier
ek kry toe net ’n paar verdwaalde hoenners
een eensame skilpad
net een hennetjie lê nog eiers
en die kuikens het luise
die haan is hees,
sy kam is stukkend
en sy vere is deurmekaar
jy moet wakker word
Ek het op jou werf kom kuier
ek vind ’n gekneusde hart
’n pyntrek gesig
jy sal na ’n fisio
toe moet gaan
Ek het op jou werf kom kuier
jou hart bloei so baie
en klop so benoud
jy sal ’n hartomleiding moet kry
Ek het op jou werf kom kuier
jou verlei glimlag
jy borrelpraat aanmekaar
maar dis nie met my nie
traanoog klim ek terug
in my tydmasjien
dit het weer gebeur
ek is 30 jaar
te laat
Leave a Reply
Be the First to Comment!