1475) Die verbode vrug smaak …

1475) Die verbode vrug smaak …

tog so lekker
rooiwang en al

met die eerste byt
spat die sop
en rol teen die wang af
word opgeslurp elke druppel

kan ’n vrug so lekker smaak!
klaar gevreet

die vrug word weer aangebied
die keer kyk ek eers goed

voor ek vreet, dit is sagter
ryper, ek suig dit uit

die vrug kom weer, effe sag
ek byt behaaglik ’n effe
ander smaak dring deur

na die tweede byt kry ek
die wit wurm smaak

die vrug het vrot geword

pasop vir vreemde vrugte

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz