1511) Styf
die man met die lang hare
kyk na die koek-koek horlosie
Dit is drie uur in die oggend
hy moet nog die viool klaarmaak
hy kan nie wag om die
pragtige klanke te hoor
uit die spesiale viool
hy vry nou al drie jaar
na die dogter van die
balju
en vandag is die dag wat
sy ja gaan sê
vroeg die oggend trek hy
die snare styf
hy trek die stok
die mooiste musiek
vul die vertrek
‘n perfekte meesterstuk
Stradevarius glimlag
nog geen vrou kon die
roep van sy perfekte viool
weerstaan nie.
Leave a Reply
Be the First to Comment!