Koning van harte. BERG vertel
Lank lank gelede,toe my dogter vyf jaar oud was het sy vir my n valentyns kaartjie gemaak , n stokmannetjie in rooi met n paar verdwaalde harte,oral rond ,sy het geskryf ,KONING VAN HARTE ,ek het n knop in my keel gekry en haar ribbes amper gekraak , ek was haar koning , ek kon n traan nie keer nie .Elke jaar hierdie tyd dan dink ek terug aan die dag van onvoorwaardelike liefde , toe ek koning was ,ek kan dit nou net herleef ,maar dit bly my by .maar nou sien ek valentynsdag as n pret dag ,wanneer die romantiek heavy in die lug is ,hartstog seevier,liefdesvlamme word aangesteek ,ou vure word gestook ,dames word verlei ,rooi rose is die gewildste tydskrif en so aan .Die oe blink ,mense lag en deel die vreugde van menswees ,n ligpunt in hierdie donkerwereld .dink net hoe belangrik jy voel as jy n bos peperduur rooi rose ontvang ,en dan nog die boodskap daarsaam ,WOW ,ons almal hou daarvan om ons naam te hoor , of om belangrik te voel dit is deel van menswees !.Die paar gedigte wat ek oor valentynsdag geskryf het verlede jaar is 2517 keer gelees, waarom ? hierdie gedigte is geplaas oor n aantal dae, tussen ander,daar is boodskappe deurgegee,boodskappe van geloof, hoop en liefde en vergewing ,en die ewige lewe ens.Ek noem dit sommer die lunchbox , toebroodjies wat gesmeer is met geloof,hoop,liefde,verwagting,hormoon,romantiek,Jesus bloed,en nog baie ander dinge goed en sleg .Alles deel van hierdie lewe,en omdat ons lewe en mens is ,is die lunchbox so interessant . Daarom lees en lees die mense om iets te kry,iets van ewigheids waarde . Groete,BERG
Leave a Reply
Be the First to Comment!