1616) opgewonde maak ek die pakkie oop

1616) opgewonde maak ek die pakkie oop

binne kry ek ‘n
tweetot bottel whisky

met ‘n boodskap van my x
suip dit skelm jou bliksem

ek kry die seëlring
van my eerste meisie
plat getrap
dit het jy met
my hart gedoen
is die boodskap

‘n stukkende karretjie
van my broer
hier is jou flenter speelgoed
ek wou dit nooit gehad het

onder in die pakkie
‘n boek styf toegedraai
in verweerde bruin papier

dit was nog nooit
oopgemaak nie
die papier krummel

toe ek die klein swart
bybel oopmaak
lees ek

van mamma en pappa
op ons groot seun se
10de verjaardag

mag jy met hierdie
hemelse padkaart
by Jesus uitkom

nou weet ek waarom
ek nie mooi geskenke
gekry het nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz