1634) Sy stap

1634) Sy stap

na die ou boom
en sien die blare
wat op die wind sweef

en sy weet
dit is die ou boom
se laaste winter

sy dink aan al
haar liefdes
wat elke winter saam
met die blare weg
gesweef het
hulle het net
een seisoen gehou

sy draai om en stap weg
die waaiende blare

groet haar
soos al die
40 jare van tevore

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz