1653) Die verlore seun (net n gedig geen refleksie)
kom in die kroeg
hy vra die kroegman
na die tweede bier
is jy miskien my pa
die kroegman kyk hom aan
ek het nie jou ma genaai nie
O sê die verlore seun
na nog twee biere vra hy
is jy miskien my pa
fok jou sê die kroegman
en gryp hom voor die bors
en sê: jy is gesuip
die verlore seun drink nog ’n bier
en vra: is jy nie moontlik my pa nie
die kroegman verloor sy humeur
en sê: ek bliksem jou nou
die verlore seun sê toe :
my ma het gesê
my pa het ook ’n slang tattoo
soos jy om sy nek gehad
en hy het haar
baie gebliksem
en sy is nog skeel
nou weet ek
jy is my bliksemse pa
Leave a Reply
Be the First to Comment!