1748) Ons mis die lewe

1748) Ons mis die lewe

hou op om te kerm
te kak en te kla

oor die swaar van die lewe
die israeliete het 40 jaar
geswerf

omdat hulle gekla het
wil jy 60 jaar oud word

en nog steeds
‘n klagat wees

kyk na die vars groente op die mark
die lag, die vroeg koffiedrink
en sosaties

die praat met die mens langs jou
het jy vergeet van barbie en dinky toy

eet warm boerebrood met plaasbotter
brandwarm koffie daarby

daal af na die geploegde land
Gods akker wag vir droë saad

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz