1785) Dringend
ek moet haar dringend bel
was die boodskap op my sel
ek is dadelik opgewonde
ek het haar ses jaar laas gesien
sy was die vrou
van my drome
maar het my beste vriend
liewer as vir my
het sy destyds gesê
nou bel sy my
toe sy die deur oopmaak
sien ek my ex vriend
op die vloer lê
die bloed vloei
sy staan verwese eenkant
met ‘n kleuter op elke heup
dankie God sê ek
en omhels haar
Leave a Reply
Be the First to Comment!