1811) Die aasvoëls sirkel
die herder tuur die lug in
en sien die swart kolletjies
sirkel daar hoog bo
daar is geen gevaar
sê hy vir homself
al sy skape is bymekaar
hy drink ’n paar biere
en gaan lê onder ’n groen bos
dit is laatmiddag toe hy wakkerskrik
die aasvoëls skrik en vlieg weg
die karkas van die verskeurde lammetjie
lê roerloos in die stof
die herder is moerig
en skop die black label blikkies
soos sokkerballe die verte in
ek sal nooit weer drink nie
sê hy vir homself
Leave a Reply
Be the First to Comment!