1798) Ek verloor die son
in die oggend ry ek wes
in die son se oog in
donkerbril en al
maar die son skyn
hoe later hoe kwater
die donkerbril help
’n bietjie
die bietjie tan
laat my goed lyk
hulle laat my goed voel
laatmiddag face ek weer die son
die groot oranje bal
laat my dink
aan my moeg jare
wat voorlê
maar toe kom sy
en bring sonskyn
in my lewe
Leave a Reply
Be the First to Comment!