1898) Skuil

1898) Skuil

sy skuil agter haar masker
en huil

haar gesig strak
net die skouers
wat ruk ruk vertel

die trane wat
vrylik vloei wys

sy wil nie wys nie
hoe kan ‘n mens se
gister lagwêreld
so gou ineen stort

die aardbewing was
9.1 op die richterskaal

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz