1903) Sonder meubels

1903) Sonder meubels

my lewe was leeg
soos ‘n huis sonder meubels

toe stap jy in

jy het gordyne opgehang
ons verskuil teen die dag

jy het ‘n stoof gebring
en het kos gemaak

ons het wyn voor
die kaggel gedrink

jy het ‘n bed gekoop
met kussings en laken

maar nou sien ek
jy het ‘n kot gekoop

ek het al ‘n maand gelede
‘n rooi prêm gekoop

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz