1902) Mamma is ek n fout vra pietie
Toe ek nog deel van jou was
kon ek voel hoe ruk ruk jou lyf
jou huil kon ek ervaar
maar mamma waarom huil jy altyd
as die oom op jou skreeu
ek is nou 1 jaar oud sê pietie
ek kan al ‘n bietjie verstaan
mamma ek is nou al 2 jaar oud
en huil ook as die oom vir mamma ruk
mamma ek is nou 3 jaar oud
ek kan al mamma sê
maar nie pappa sê
want my pappa is ’n asem
’n pappa sal nie raas
met ’n mamma nie
net ’n oom sal
mamma ek is nou 12 jaar oud
en verstaan nou al van
die dinge van die lewe
ek het al ’n kettie
waarom word jou oog leeg
as hy hier kom
mamma jy is bang vir hom
mamma ek weet hy het jou geld
gevat
mamma so ’n nul is nie my pa nie
by die skool sê die kinders
as jy huil sal die engele
jou trane afdroog
mamma ek het nog nie
’n engel gesien nie
maar ek weet
die duiwel is nog hier
mamma is ek ’n fout ?
Leave a Reply
Be the First to Comment!