op die tafel lê
wit jas mense
koek saam
van hier kan ek
alles sien
dit is my lyf daar
die instrumente blink
in die teaterligte
die lyf ruk ruk
die monitor skreeu
die rooi lyn
stil
ons het hom verloor
sê die dokter
iemand ruk my arm
Jesus sê
my kind
kom saam
Leave a Reply
Be the First to Comment!