1967…Jy is my muurpapier
jou foto’s op vyf jaar
pryk in die linkerhoek
jou foto’s van tien jaar
links onder
jou foto’s van elf jaar
middel bo
jou foto’s van agtien
alles in die middel
jou lag, jou vonkel
jou roeplyf
alles daar
ons troufoto’s
regs bo
my en jou
se laaste lagfoto’s
regs middel
die regterhoek bly leeg
vir altyd
Leave a Reply
Be the First to Comment!