1990…Ek is seksie tot dagbreek
Met jou goedkoop leuens
het jy my vertrap
tot in die stof
jy wil my breek
my sien hangskouer
my afskiet met jou
woordpyle
my middeldeur sny
met jou woord van haat
maar jy weet nie
ek het diamante
waar my dye voeg
ek is seksie
tot dagbreek
tot die nagbrander
my op die dagstrand
spoel
ek is seksie
deurdag
Leave a Reply
Be the First to Comment!