2007…Die Wysneuse
Hulle sit soos aasvoels
op die takke
honger altyd
vir kos of nuus
slegte nuus vrot nuus
dit moet stink
slegte reuke
trek mos aandag
jy soek vanwaar
kom dit vandaan
dit trek die aandag
dit maak praat en fluister
maar as die verrotte karkas
ontbloot word ,is ons stom
die afgryse , verskrik
vlug ons terug
tot die stank dun hang
die nuwe vrot
ruik al so lekker
Leave a Reply
Be the First to Comment!