2008…Die tintinkie… kan dit waar wees
Sit in die moerbeiboom
n heerlike lentedag
hy sing sy kirrr kirrr liedjie
die wereld is te mooi vandag
gisteroggend het hy gehoor
die hoë kirrrrrr in die verte
sy man tintinkie hart galop
sy hormoon slaan bollemakiesie
sy wereld , sy toekoms is blink
hy wou nog altyd n tintinkie seun
gehad het
die myna wyfies jaag hom altyd
en spot hom tiny tinky show us
hy vlieg verby die klein visvangertjie
wat eers die paddavissie insluk voordat
hy goodluck sê
die hadida ruk eers n wurm uit die grond
voordat hy ook goodluck sê en waai met sy vlerk
tintjie het al klaar n nesboom uitgesoek
en die onkruid uitgeroei , alles perfek
hy gee die mooiste fluit ooit uit sy klein
tinkie borsie , die hoë kirrrrr antwoord
hy lei haar trots tot by die boom
sy flikker haar wimpers tevrede
die boom staan in my tuin
dankie GOD dat U vandag
vir my n stukkie
van die ewigheid
gewys het
ek het niks meer nodig nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!