Elke mier kry sy dag – n lekker saamlag stukkie deur BERG
Toe hy n jong mier was, wou hy n soldaat geword het. Hy het egter in die verkeerde ry beland en word toe n werker . Die salaris was laag en die werk hard .Hy het n teëler geword .Hy moes die teëls om die mierkoningin se paleis vervang ,sy oë het gerek toe hy al die meisies om die koningin sien , n werker sien nie hierdie dinge nie ,hy en Mara mier het mekaar raakgesien en het dadelik van mekaar gehou , sy hart het mierbloed gepomp en hy het net aan haar gedink , n beeld van hulle twee voor hulle eie miershoop ,flits voor sy oë verby . hy het vir haar stukkies tjoklits onder n teël weggesteek , sy het weer vir hom gedigte op akkerboom blare geskryf. hy kon nie glo dat sulke mooi woorde bestaan nie, hy het die gedigte almal geleer , en van hulle getoonset , hy was n baie gelukkige mierman .Die werk by die paleis was amper klaar en hy het nie geweet wat om te doen nie , hy bedink toe n plan !
Hy sê vir die voorman dat die swart miertjies amper al die grond onder die teels gesteel het ,en dat hulle dit gebruik het om neste te bou .hy kry toe die werk om al die teëls te vervang, so kon hy toe naby Mara wees .
Hy het vir haar slabs en slabs tjoklits gegee , sy was gefrustreerd en het begin vet word. So kan dinge nie aangaan nie sê sy vir haarself, sy wil met n gesin begin , maar die koningin sal beslis nie kompetisie toelaat nie .
Mierman moes toe n plan maak. Laat die nag sluip hy uit en gaan steel n bottel miergif by oom boer, en gaan steek dit onder n teël weg.
Die volgende oggend "ontdek" hy toe die bottel miergif, dit was nou vir jou n ding gewees.Hy het n held geword, en het die orde van dapperheid ontvang, die koningin het ook vir hom toestemming gegee om te trou en om sy eie kolonie te begin.
Hulle het vêr weggetrek en begin broei. Die duisende mierkinders het hulle baie plesier gegee en ook baie besig gehou . Mierman het n höe muur om die neste gebou om die miervreter uit te hou . Hy was n pynlik netjiese mier en dit was die netjieste kolonie in mierland.
gaan na die miere en volg hulle weë .
Leave a Reply
Be the First to Comment!