2067…Die horlosie tik
vir ons almal
wat doen jy met jou tyd
tyd verspil is nutteloos
tyd verwyl is nutteloos
maar kwaliteit tyd is waardevol
kan nie gekoop word nie
tyd saam met peuters
tyd saam met kleuters
tyd saam met snaaks dink tieners
tyd saam met veertien jarige vrou word
meisiekinders is kosbaar , verstaan tyd
luister tyd na die seer van kaller liefde
tyd om na jou maat te luister
soek tussen die lyne
luister man luister man
gee haar wyn en luister
en hoor wat jy verkeerd doen
wat jy nie doen , wat sy wil hoor
die hemel is net om die draai
die horlosie tik
dit was tien jaar gelede gewees
die horlosie tik
hoe lank gaan jy nog wag
die honeymoon wag !!!
Leave a Reply
Be the First to Comment!