2074…Lelie van die veld
ek stap deur blommeland
dis blommetyd in namakwaland
die vergeet-my-nie’tjies
glimlag vir my
die sonneblomme het hulle
kappies van blare op
en lyk tog te vrolik
die vetplantjie blom
pers en vrolik
terwyl die dou soos trane
van haar blare afgly
die proteas bly styfgesig
toe ek verbystap
die madeliefie glimlag vir my
ek pluk ‘n paar vir plesier
om my huis te versier
die lewe is wreed
waarom moet hulle sterf
om plesier te gee
Leave a Reply
Be the First to Comment!