2076…Die waaroms
Waarom
gaan die lewe oor
lekker, geluk, liefde,
geld, genot,
al die positiewe dinge
maar kwaad, teleurstelling,
verwyt, afguns,
verwoes alle mooi
en ons land in die woestyn
van ‘n liefdelose lewe
die mens is geskep
om in liefde te lewe
maar waarom
het ons verdwaal
ons het ons kompas
ons het ons GPS
ons het ons padkaart
ons het die padtekens
geignoreer
die kruisboek
die boek van die lewe
het ons geignoreer
ons sal vir altyd
soos ‘n rigtinglose meteoriet
deur die heelal swerf
die kruis
slegs ‘n skaduwee
op die maan
Leave a Reply
Be the First to Comment!