2085…Akkedisbult witblits
so helder soos fonteinwater
jy het my uitgedaag
4 glasies in ‘n ry
ek down en breek
nog 6 sê ek braaf
ek staan op my knieë
die wit stink toilet
om arm ek en belowe
ek sal nooit weer drink nie
terwyl my binneste ruk-ruk
tot vandag toe nog
is ek kakbang vir
akkedisse, kastele, swart lapelle
dimples, jagmeister en uitdagings
ek staan nou net op my knieë
as ek bid
die aand om die wit stink toilet
het ek belowe
Leave a Reply
Be the First to Comment!