2177…Die randrowers
Is nou nie op straat nie
hulle is in don alfonso se casino
met die meshand agter die rug
staan hulle en wag
die prooi kom ingestroom
met blinkoog en cocktail
hulle weet vanaand
gaan iets gebeur
die blinkes sing
vanaand so vrolik
die regter hand flirt met hulle
tergend speel die blinkes met hulle
die liedjies wat hulle sing
sleur hulle mee
die laaste rand
word op die slurptong gesit
die blinke raak stil
die regterhand is koud
hulle ruk en pluk
verslae traanoog
die monster
het haar petrolgeld gevat
sy wou maar net geld
vir kinderkos kom kry het
Leave a Reply
Be the First to Comment!