2184…Koue hart en warm hart
as die koel herfs
die blare warrel
dan weet ek
die koue winter
mis oor die vlaktes
dit is wanneer ek
koue voete kry
en nie aangaan waarmee
ek begin het
die koue dik bloed
vermoei my hart
die romantiek word
verdryf
maar wanneer eerste bloeisels
die lente aankondig
en die son weer
hartwarm word
dan storm die bloed
deur my tonnels
ek speel weer
die hartsnaar lied
van die liefde
Leave a Reply
Be the First to Comment!