2186…Swerwerhart
my kleinkindhart
het maklik dae geklop
my jongmenshart het gehyg
en tande geslyp
die jong meisies het
ook skaam uitgelok
my jongmanshart kon ek
nie verstaan
dit was
honger, dorstig, belus,
hoopvol, onlesbaar,
vraatsugtig
die dinge van die hart
kan ek nie verstaan nie
daarom het ek
‘n swerwershart
Leave a Reply
Be the First to Comment!