2201…God gee my die dag
want hier
in die donkernag
is ek bang
ek twyfel
want ek kan die lig
nie sien nie
die bang lê vlak
in my gemoed
die drogbeelde van droomland
skarrel om my heen
wanneer die witryp gras
in die vroegoggend knars
dan loer die moreson
oor die horison
dankie God
die nag is verby
Leave a Reply
Be the First to Comment!