2215…Vergrootglas

2215…Vergrootglas

die eerste kuier
was heel laf gewees
ons het ge-chat en gelag

toe ek weer ‘n date maak
sê jy Ja

na die 4de bier
pluk sy haar vergootglas uit

jou linkeroog is skeel
daar is swartkoppies
op jou neus

jy het kopluise
jou hare is al dun

jou een voortand
is gekraak

ek het haar nie weer
gesien nie

in die spieël
lyk ek vir
myself goed

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz