in die spieël
vir jare al
sien ek myself
die hare dun
die plooie
is nou klowe
die doek smeek
ek vat die dun kwas
die gelaat glad
rimpelloos
die glimlag terg
die oë blink
die mond vierkantig
seksie
ek hang myself
in my binnekamer
ek hou van myself
ek is seksie
Leave a Reply
Be the First to Comment!