2237…Bloed leeg

2237…Bloed leeg

Dit is my soveelste oorlog
my soveelste gereg

ons draai rooi
die kleur van bloed

wanneer die vyand
se bloed spuit
rooi dit ons

die soutsmaak les
ons dors
hulle waag dit weer

om teen ons te veg
ons sny die slagaar
tot hoogspuit

maar in die liefdesoorlog
het ek gewond gelê
op die slagveld

van die liefde

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz