2330…Tussen die komkommers
Het ek perskes geëet
en lemoen pampoentjies gepluk
ons het wortel wortel gespeel
en komkommers geskil
met ons joseph rodgers knipmesse
die geel ryp spanspek
het ons pit en al geëet
dit was sorgvrye dae
toe ons by die pruime kom
was ons al dikgevreet
toe stap ons uit
die tuin van eden
my pa het ons
agterna gebliksem
Leave a Reply
Be the First to Comment!