Met koue voete
staan ek in die tuin
die laatryp treiter my
kort, kort
die lente gesang
van die voels
wek my elke oggend
ek leef
die botsels vorm
op my takke
ek sien uit na die
rooiwang perskes
my beloning aan die
wat my versorg
ek is ‘n boom
wat vrugte dra
Leave a Reply
Be the First to Comment!